Welkom by NG Gemeente

Kimberley Harmonie

Eredienste

Kantoor Ure

Barmhartigheid:

Adres:

Kekewichrylaan 30

Monumenthoogte

Kimberley

8301

God is barmhartig en reik na ons uit, daarom reik ons uit na ander met die volgende projekte:

Oggenddienste:

09:00

 

Aandbyeenkoms Kekewich: 18:30

 

MaVr:

08:0013:00

 

Wo:

08:0016:30

 

Goodwinstr:

Sondae voor & na die erediens

 

 

 

 

 

 

Benna Koortzen

Voorsitter

 

Connie Jacobs

Onder Voorsitter

Kospakkie-projek

Saam met ander gemeentes in die Ring van Kimberley, is ons betrokke by n kospakkie-projek in Beaconsfield. Maandeliks word kospakkies aan behoeftige mense uitgedeel wat by NG Welsyn geregistreer is. Die gemeentes help met die befondsing en insameling van items om in die pakkies te sit.

Sopkombuis

Ons is saam met Femnet betrokke by n Sopkombuis by Beaconsfieldstasie. Maandeliks neem ons n sopbeurt en voorsien aan gesinne sop of die nodige bestanddele om self die sop te maak, soos soppoeier, groente en bene. Een keer per jaar hou ons vir hulle n Kersete.

San-gemeenskap

Daar is groot nood in die San-gemeenskap op Platfontein. Ons verskaf kospakkies elke maand en help met inligtingsessies om die mense te help met die aanpassing by die moderne lewe en sy uitdagings. Die gemeente bedryf ook twee kleuterskole saam met NG Welsyn op Platfontein. Die doel is om kinders op n christelike manier voor te berei vir hul skoolloopbane.

Bejaardes

Ons is saam met die ACVV by Ons Huis betrokke. Van die mense daar is staatspensioenarisse en kan nie hul verblyf bekostig nie. Ons help finansieel, besoek hulle en neem maandeliks vir hulle beskuit om in die aande saam met n koppie tee te geniet.

Kestell Kinderhuis: Daar is kinders in drie koshuise by Kestell Kinderhuis. Ons neem verantwoordelikheid vir die groter seuns. Ons help om die geboue te onderhou en sorg vir die kinders se daaglikse behoeftes soos eetgerei, beddegoed, klere en n netjiese omgewing. Weekliks word aan hul geestelike versorging aandag gegee deur Bybelstudie, asook gespreksgeleentheid met hulle te hou. Aan die einde van die jaar kry hulle n kersboom en kersete.

Hospitaal

n Groepie lidmate neem weekliks broodjies en tee/sop na die mense wat chemoterapie en dialise by die Provinsiale Hospitaal ontvang. Bybels word uitgedeel aan mense wat nie een besit nie.